Oorlaste in regspersone: Waar trek ons die lyn?
In vandag se episode gesels ons oor oorlaste in regspersone - veral die toename in geraas, verkeer en onredelike gedrag. Ons verduidelik wat as 'n oorlas beskou word, watter raamwerke die STSMA en gedragsreëls bied, en hoe trustees prakties en effektief teen oortreders kan optree.
Sonkrag en veiligheid: Die regte manier om litiumbatterye te hanteer in regspersone
In hierdie episode gesels ons oor die groeiende neiging van sonpanele in regspersone, en veral die kritieke kwessie van litiumbatterye - van installasie tot veilige verwydering. Ons verduidelik ook waarom eienaars nie batterye in die gewone vullisdrom mag gooi nie, en hoe verkeerde hantering tot brandgevare, omgewingskade en regsgevolge kan lei.
Versoeke deur eienaar en nie-eienaars vir finansiële inligting in skemas
In hierdie potgooi fokus ons op die vereistes waaraan voldoen moet word wanneer eienaars en nie-eienaars finansiële inligting versoek van die regspersoon. Ons bespreek wanneer PAIA wetgewing en prosesse benodig word vir die verkryging van finansiële inligting en werp lig op POPIA vereistes.